Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

CHARLOTTE MAXEKE-HOSPITAAL NET 40% IN BEDRYF AGT MAANDE Ná BRAND

23 Desember 2021

Agt maande nadat gedeeltes van die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg deur ‘n brand beskadig is, het senior medici van die hospitaal ‘n beroep op die regering gedoen om die nodige herstelwerk te doen, sodat die hospitaal weer ál sy werksaamhede kan hervat.

Die hospitaal se hoof van interne geneeskunde, prof. Adam Mohamed, sê ‘n skrywe wat hy aan die betrokke ministerie en die presidensie gerig het, bly onbeantwoord.

Volgens prof. Mohamed wil dit voorkom asof daar gewag word vir die nuwe begroting voordat daar daadwerklike pogings aangewend gaan word om die hospitaal – wat tans ongeveer 40% in bedryf is – te herstel.

Prof. Mohamed het ook sy kommer uitgespreek dat die departement slegs op Covid-19 fokus, terwyl onkologie-pasiënte tussen 3 en 5 maande moet wag vir behandeling.

Hy sê die funksionaliteit van die hospitaal – wat onder meer die enigste kardio-toraks hoësorgeenheid in die suide van Gauteng bedryf – beïnvloed ook gesondheidswerkers in die res van die provinsie aangesien dié hospitaal se pasiënte nou by ander geriewe behandel moet word.

Fotokrediet: Google Maps

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende