28 Junie 2021
Die eerste afdelings van die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg behoort na verwagting van vandag af weer oop te wees.
Dié hospitaal is in sy geheel gesluit nadat ‘n brand op 17 April in een van die apteke se stoorkamers uitgebreek het. Pasiënte moes toe ook na ander hospitale oorgeplaas word.
LEES OOK: BOUPLANNE VIR CHARLOTTE MAXEKE-HOSPITAAL BESIG OM OPGETREK TE WORD – 27 JAAR LATER
Die mees noemenswaardige afdeling wat weer in bedryf gestel word is die onkologie-afdeling.
Beamptes van die Gautengse departement van gesondheid verkeer onder druk om dié mediese instelling weer volledig in bedryf te stel soos wat die vraag na mediese dienste verhoog in die lig van die huideige derde vlaag van Covid-19 besmettings.