20 Mei 2022
Die bekende Griekse komponis, Vangelis is in die ouderdom van 79 oorlede.
Hy was bekend vir die temaliedjies van die rolprente, Chariots of Fire and Blade Runner. Volgens sy agent is hy in ‘n hospitaal in Frankryk oorlede nadat hy Covid-19 opgedoen het.

Vangelis het in Athene groot geword en het homself musiek geleer.
Hy het in 1981 ‘n Oscar Toekenning gewen vir sy Chariots of Fire-klankbaan. Hierdié bekende melodie is veral gewild by sportbyeenkomste soos die Olimpiese Spele.
Sy laaste album, Juno to Jupiter is in 2021 vrygestel en is geïnspireer deur die bedrywighede van NASA.
Die Amerikaanse komponis, Austin Wintory het op sy Twitter-rekening geskryf dat Vangelis ‘n totale era van musiek verander het. Die Britse Oscar-genomineerde musikant, Daniel Pemberton sê Vangelis het ‘n reuse impak gehad op moderne rolprent-musiek.