14 Februarie 2023
Die leier van die EFF, Julius Malema, beweer die polisieminister, Bheki Cele, het beplan om die adjunkleier van die EFF, Floyd Shivambu, te vermoor.
Malema het ook tydens vandag se debat oor die staatsrede in die Kaapstadse stadsaal beweer dat die polisieleierskap saam met moordenaars werk.
Cele het op sy beurt ontken dat hy gerugte versprei het om hooggeplaaste EFF-partylede te vermoor.
MHy meen die EFF-sekretaris-generaal Marshall Dlamini het hom gesmeek om dié bewerings te bevestig, maar hy het geweier.