1 Maart 2023
Die minister van polisie, Bheki Cele sê hy is teleurgesteld in die DA wat die verdwyning van die 6-jarige Joslin Smith – volgens hom – gebruik vir politieke gewin.
Smith is sedert 19 Februarie vermis toe sy in die sorg van haar ma se kêrel by haar huis in Saldanah was. Volgens Cele het die DA ‘n plakkaat op sy sosiale media gedeel waarin dit blyk dat die polisie van die ondersoek onttrek het.
Volgens Cele is die gebruik van die polisiehelikopter onttrek, maar is polisiebeamptes en die K9-eenheid steeds by die soektog betrokke.
Hy meen die DA moenie mense en veral kinders se seer misbruik vir stemme in die komende verkiesing nie. Hy meen die DA wil mense met die verkeerde inligting voer.