Cele: Padblokkades volop in Gauteng te midde van vlak 4-inperkingsregulasies


Luister nou

Volgende

Cele: Padblokkades volop in Gauteng te midde van vlak 4-inperkingsregulasies

29 Junie 2021

Die ministers in die Nasionale koronavirusbevelsraad het vanoggend die media toegespreek na aanleiding van die aangepaste inperkingsmaatreëls, wat Sondagaand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is. 

Die minister van polisie, Bheki Cele het benadruk dat enige persoon in hegtenis geneem sal word en sal ‘n kriminele rekord hê indien hulle nié die regulasies gehoorsaam nie.

LEES OOK: FAMILIE VERGADERING: AANGEPASTE VLAK 4 INGESTEL

Hy sê mense kan ‘n boete opgelê word of gevangenisstraf in die gesig staar.

Luidens dié aangepaste regulasies mag geen persone Gauteng binnekom of uitgaan nie tensy dit vir werkdoeleindes of begrafnisse is. Meer as 60% van die huidige Covid-19 gevalle is in Gauteng.

Volgens Cele is daar oral padblokkades in Gauteng om seker te maak dat geen persone vir ontspanningsdoeleindes die provinsie verlaat of binnekom nie.

“Almal wat Gauteng binnekom en verlaat, moet ’n permit hê.”

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula sê luidens vlak 4-inperkingsregulasies word die vervoer van alkohol verbied, behalwe vir kommersiële vervoer, soos vir uitvoer en die vervaardiging van handreinigermiddels.

LEES OOK: OPPOSISIEPARTYE VEROORDEEL INPERKINGSREGULASIES

Hy sê kommersiële hawens is steeds oop en die huidige regulasies oor internasionale reise bly in plek.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Cele: Padblokkades volop in Gauteng te midde van vlak 4-inperkingsregulasies


Luister nou

Volgende