11 Julie 2022
Die polisieminister, Bheki Cele is vandag saam met die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola in Soweto, waar 15 mense die naweek by ‘n taverne doodgeskiet is.
Nege ander is in ‘n kritieke toestand, na die skietvoorval Saterdagaand by die taverne in Nomzamo Park. Cele sal ook ‘n verslag ontvang oor die omstandighede rakende die voorval.
Ten minste 22 mense is doodgeskiet in vier verskillende skietvoorvalle by tavernes die afgelope week.
President Cyril Ramaphosa het intussen vir daadwerklike optrede gevra, en sê geweldadige misdadigers kan nie toegelaat word om Suid Afrikaners so te terroriseer nie.
#PoliceMinistry [HAPPENING NOW] A national delegation led by the Minister of Police, General Bheki Cele is currently receiving a briefing on the shooting incidents that took place in Soweto and Katlehong over the weekend. MLhttps://t.co/80w9LQY0sw pic.twitter.com/LdBHGlpp0g
— SA Police Service 🇿🇦 (@SAPoliceService) July 11, 2022