25 Augustus 2021
Die Suid-Afrikaanse olimpiese atleet en nasionale rekordhouer, Caster Semenya, oorweeg regstappe en ‘n moontlike skadevergoedingseis teen die wêreld atletiekliggaam – nadat ‘n wysiging aan die studie gemaak is wat haar daarvan weerhou het om haar olimpiese titel te verdedig.
Die verandering in die bewoording van die Britse Joernaal vir Sportmedisyne kan beteken dat Semenya dalk weer in die 800 meter item in aksie gesien kan word, sonder dat sy medikasie hoef te gebruik om hormoonvrystelling teen te werk.
Daar is bevind dat die studie oor vroue-atlete se verskillende seksuele ontwikkeling, onregverdig, sinies en ongemaklik was.
Die wetenskaplikes – wat by die 2017-studie betrokke was – het ‘n regstelling gepubliseer oor die invloed wat natuurlike testosteroon in vroue-atlete se prestasie het.
Hou Afrikaans op die lug