8 Julie 2021
Carl Niehaus, die woordvoerder van Umkhonto we Sizwe-militêre-veterane-vereniging (MKMVA), wat gister uit die ANC geskors is, is sowat 10 minute gelede in hegtenis geneem – terwyl hy besig was met ‘n regstreekse TV-onderhoud.
Dit terwyl hy besig was om Jacob Zuma-ondersteuners buite die Escourt tronk toe te spreek.
LEES OOK: CARL NIEHAUS EN ANDER ONDERSTEUNERS BUITE ESCOURT TRONK OOR ZUMA SE “ONREGVERDIGE” VONNIS
eNCA berig dat Niehaus deur die polisie in hegtenis geneem is omdat hy die inperkingsregulasies verontagsaam het.
Die nasionale polisiewoordvoerder, brigadier Vish Naidoo het verlede naweek gesê organiseerders van samekomste sal in hegtenis geneem word. Geen samekomste word op die vlak 4-inperking toegelaat nie.
https://twitter.com/DrCamModisane/status/1413146669474975749
https://twitter.com/Mzima_Lumkile/status/1413150278963007498