14 Desember 2023
Die leier van die African Economic Transformation Alliance, Carl Niehaus, het aangekondig dat hy by die EFF gaan aansluit.
Niehaus het alle ander Areta-lede aangemoedig om sy voorbeeld te volg.
Dít terwyl Areta se top-leierskap besluit het dat die party nie aan volgende jaar se verkiesing sal deelneem nie en eerder sy gewig agter die EFF moet ingooi.
Volgens Niehaus sluit hulle nie by die EFF aan as ’n blok of faksie nie, maar as individue en sal hulle aan die EFF se demokratiese prosesse onderwerp word.
Niehaus het ook ’n beroep op oud-president Jacob Zuma gedoen, om nie die ANC in aanloop tot die verkiesing te ondersteun of om vir die ANC ’n veldtog te voer nie.