Carl Niehaus: “Ons sal nié toelaat dat Zuma tronk toe gaan nie”


Luister nou

Volgende

Carl Niehaus: “Ons sal nié toelaat dat Zuma tronk toe gaan nie”

2 Julie 2021

Die woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe- militêreveteranevereniging (MKMVA) en ‘n vertroueling van oud-president Jacob Zuma, Carl Niehaus sê “vandeesweek was een van die mees tragiese weke in die geskiedenis van Suid-Afrika.”

Niehaus het vroeër vanmiddag by Zuma se woning in Nkandla aangekom waar hy ‘n mediakonferensie gehou het oor die oud-president se skuldigbevinding en vonnis van 15 maande gevangenisstraf.

LEES OOK: ZUMA DOEN GLO AANSOEK DAT HOFUITSPRAAK HERROEP WORD

Die Grondwethof het bevind dat Zuma skuldig is aan minagting van die hof nadat hy geweier het om – ondanks ‘n hofbevel – voor die staatskapingskommissie te getuig. Hy het tot Sondag kans om homself aan die polisie oor te gee, om met sy vonnis te begin.

Niehaus sê baie kamerade landwyd het hul woede en hartseer uitgespreek oor wat dié week gebeur het.

Hy meen “Zuma word al vir die afgelope 22 jaar polities vervolg deur die nasionale vervolgingsgesag en sommige kamerade in die ANC en dat hy wééreens vandeesweek verneder is.”

LEES OOK: JACOB ZUMA SÊ HY HET “NIE DIE GRONDWETHOF AANGEVAL NIE”

Volgens hom word Zuma deur die staatskapingskommissie geteiken en was regter Sisi Khampepe se uitspraak vandeesweek ‘n bespotting van geregtigheid.

Niehaus het benadruk dat die oud-president se ondersteuners nié sal toelaat dat Zuma tronk toe gaan nie en sal ‘n “menslike ketting om hom vorm indien dit nodig is.”

Intussen het daar luidens berigte op Twitter chaos tussen joernaliste en die MKMVA-veterane ontstaan nadat Niehaus gevra is oor die Covid-19 inperkingsregulasies, wat glo verontagsaam is.

LEES OOK: ZONDO REAGEER OP HOFUITSPRAAK OOR JACOB ZUMA

Dit is toe dat die veterane die media glo begin intimideer het. Joernaliste het gevolglik besluit om nie meer dekking aan die geleentheid te bied nie.

https://twitter.com/NewsBotZA/status/1410976317995196424

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412

DBV ruk resiesperdbedryf in die bek

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Ander Nuus Artikels

Roelf
Roelf Meyer en Tinyiko Maluleke sal nasionale dialoog lei
arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

Carl Niehaus: “Ons sal nié toelaat dat Zuma tronk toe gaan nie”


Luister nou

Volgende