8 Julie 2021
‘n Groep Jacob Zuma ondersteuners is vanmiddag buite die Escourt tronk om te betoog teen dié oud-president se “onregverdige” skuldigbevinding en vonnis.
Een van sy grootste ondersteuners – wat vroeër vandeesweek voorlopig uit die ANC geskors is – Carl Niehaus sê Zuma het homself by die polisie oorgegee om ‘n bloedbad te vermy.
Niehaus is geskors nadat hy verlede week by Nkandla onder meer gesê het dat “Suid-Afrika uitmekaar geskeur sal word indien Zuma tronk toe gaan.”
LEES OOK: ANC: ZUMA HET ‘N DAPPER BESLUIT GENEEM
Volgens Niehaus was hy gisteraand by Nkandla toe Zuma die besluit geneem het om homself oor te gee. Hy sê dit is ‘n baie hartseer situasie. Niehaus meen egter dat die oud-president nog altyd oor die vermoë beskik het om die groter prentjie te kan in sien en dat hy nie wou hê dat geweld moes uitbreek onder sy naam nie.
Niehaus sê die feit dat Zuma nou homself oorgegee het beteken nie hy aanvaar net sy skuldigbevinding en vonnis nie.
Intussen het die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamalo vroeër vandag buite die hof gesê dat Zuma op parool vrygelaat kan word wanneer hy minstens ‘n kwart van sy vonnis uitgedien het.
LEES OOK: DKD: “ZUMA SAL NIE VOORKEUR BEHANDELING KRY NIE”
Dus kan hy binne 3 of 4 maande vrygelaat word.