“Byvoordele van R230-miljoen vir veiligheidswagte bedreig die Tshwane-metro se begroting”


Luister nou

Volgende

“Byvoordele van R230-miljoen vir veiligheidswagte bedreig die Tshwane-metro se begroting”

Die VF Plus het tydens ʼn raadsvergadering van die Tshwane-metro ʼn verslag verwerp waarin sowat R230-miljoen oor drie jaar bewillig word om meer as ʼn duisend gekontrakteerde veiligheidswagte van byvoordele te voorsien.

‘n VF Plus-raadslid in die metro, Grandi Theunissen sê dié 1283 wagte is in 2021 sonder enige byvoordele aangestel.

Theunissen sê hy het in die raadsvergadering voorgestel dat ‘n ondersoek gedoen moet word om vas te stel of die veiligheidswagte aan die nodige vereistes voldoen en in watter mate tegnologie ingespan kan word om sekere take te verrig.

Theunissen sê die VF Plus is nie hoopvol dat die Tshwane-metro se begroting die bykomende koste vir die  veiligheidswagte sal kan dek nie.

Hy sê hierdie verslag vorm deel van die ActionSA/ANC/EFF-koalisie se pogings om hul beleid van algemene inkontraktering van veiligheidswagte en skoonmakers deur te dwing.

“Verantwoordelike besluitneming oor munisipale fondse is nie bloot ‘n wetlike vereiste nie, maar ‘n saak van uiterste belang. Sonder ʼn deeglike evaluering van die volle impak, kan geen sinvolle besluit geneem word nie en dit sal waarskynlik lei tot vrugtelose en vermorste besteding.”

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

“Byvoordele van R230-miljoen vir veiligheidswagte bedreig die Tshwane-metro se begroting”


Luister nou

Volgende