27 Februarie 2024
Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, het bekend gemaak dat daar 499 renosters in 2023 gestroop is.
Dié aantal is 51 meer as wat in die vorige jaar gestroop is.
Creecy het tydens ‘n mediakonferensie in St Lucia – in KwaZulu-Natal – gesê dat 406 daarvan in nasionale parke getroop is terwyl die res in privaatbesit was.
Die oorgrote meerderheid daarvan – naamlik 307 – is in die Hluhluwe Imfolozi-reservaat gestroop terwyl 78 verlede jaar in die Krugerwildtuin gestroop is.
45 stropers is in dié tydperk aan dié misdaad skuldig bevind.
Minister Barbara Creecy releases the 2023 National Rhino Poaching statistics https://t.co/1nvr8zvhMs
— Environmentza (@environmentza) February 27, 2024