5 Julie 2021
Die IVP-LP, prins Mangosuthu Buthelezi het vanoggend die media toegespreek oor die afgelope week se gebeure by Nkandla.
Hy het benadruk dat hy die mediakonferensie toespreek in sy hoedanigheid as afgetrede staatsman en nie as ‘n IVP-LP of eerste minister van die Zoeloe nasie nie.
LEES OOK: NKANDLA: BHEKI CELE SÊ DIE POLISIE WAS NIE BANG NIE, WOU “BLOEDBAD” VERMY
Volgens hom is dit belangrik om nie net vas te kyk in die Grondwethof-uitspraak oor Zuma nie, maar meen wat tans by Nkandla gebeur het die potensiaal om baie meer skade aan te rig.
“Dit hou ook ’n ernstige gevaar vir die land in en dit maak ’n spektakel van Suid-Afrika in die oë van die wêreld,” sê Buthelezi.
Volgens hom word geregtigheid ondermyn deur ondersteuners en Zuma se familie wat hierdie uitspraak teenstaan. “Om die uitspraak uit te daag, is eenvoudig verkeerd.”
LEES OOK: ZUMA: “EK IS NIE BANG OM TRONK TOE TE GAAN NIE”
Buthelezi meen hy kan nie net sit en kyk hoe die land “verwoes” word nie en sal daarom nie stilbly nie.