27 Mei 2021
Ten minste agt busse is aan die brand gesteek in Motherwell in Port Elizabeth (Gqeberha), vermoedelik deur stakende taxi bestuurders.
Die Algoa Bus maatskappy het in ‘n verklaring gesê dat busdienste opgeskort bly, te midde van die taxi-staking.
Taxi bestuurders het begin staak, na ongelukkigheid oor bewerings dat taxi-base die Covid-19 geld wat geoormerk is vir taxi-bestuurders, vir hulleself gehou het.
‘n Uber drywer se voertuig, sowel as ‘n minibus taxi wat nie aan die staking deelgeneem het nie, is ook gister deur die stakers aan die brand gesteek.
Intussen blyk dit uit verkeersverslae op Twitter asof die staking vanoggend voortduur.
Eastern Cape – N2 Route: #Protesting Gqeberha <<==>> Makana #TaxiStrike @TrafficSA pic.twitter.com/BTLKTBwcfl
— TrafficSA (@TrafficSA) May 27, 2021
Algoa busses on fire in PE pic.twitter.com/H6tGKOfYN9
— SA Trucker (@rsa_trucker) May 26, 2021