7 September 2021
‘n Man, glo in sy veertigs, is dood nadat die bus, wat hy bestuur het, vanoggend teen ‘n vragmotor met ‘n sleepwa, op die N12 in Lenasia gebots het.
Die ER24-woordvoerder, Russel Meiring sê paramedici is omstreeks 06:45 na die toneel ontbied, waar hulle beide die vragmotor en sleepwa in die pad gevind het. Volgens hom het dit twee bane en die middel-mannetjie versper. Die busdrywer was in sy voertuig vasgekeer.
Volgens Meiring het die man verskeie beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Hy sê die vragmotorbestuurder was nie op die toneel nie.
Plaaslikwe owerhede ondersoek die omstandighede van die ongeluk.
Stem vir die Aitsa’s