Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Burgemeester Brink en komitee gereed vir herbou

31 Maart 2023

Die Tshwane-metro se nuwe burgemeester, Cilliers Brink het vanoggend sy burgemeesterskomitee aangekondig.

Hy sê hierdie komitee is uiters belangrik omdat dit diegene is wat sy aan sy gaan werk om Pretoria ‘n beter stad vir sy inwoners te maak. Brink sê as ‘n veelpartykoalisie is lede van die VF Plus, ActionSA, die IVP en die ACDP deel van sy komitee.

Hy sê die lede se bereidwilligheid om saam te werk is ‘n teken dat hulle gereed is om die uitdagings van die metro aan te pak.

Die burgemeesterskomiteelede is:

  • Korporatiewe en gedeelde dienste – Kingsley Wakelin (DA)
  • Ekonomiese ontwikkeling en ruimtelike beplanning – Hannes Coetzee (ActionSA)
  • Nutsdienste en Streeksbedrywighede – Themba Fosi (DA)
  • Omgewing en Landbou – Ziyande Zwane (IVP)
  • Finansies – Peter Sutton (DA)
  • Paaie en vervoer – Katlego Mathebe (DA)
  • Gemeenskapsveiligheid – Grandi Theunissen (VF Plus)
  • Maatskaplike ontwikkeling – Peggy de Bruyn (ActionSA)
  • Menslike nedersettings – Ofentse Mazebatela (DA)
  • Gesondheid – Riana Marx (VF Plus)

Volgens Brink is hy en die span gereed om te werk en is daar vyf sake waaraan hulle dringend aandag sal gee.

“Ons moet eerstens die stad se finansies prioritiseer, en fokus op ‘n herstelplan vir van die uitdagings. Die onbeplande water- en kragonderbrekings moet opgelos word, terwyl die uitwerking van beurtkrag op die stad se infrastruktuur ook onder die loep geneem word.”

Hy sê verder dat basiese dienste soos slaggate, stukke straatligte en skoonmaak-aksies ook voorkeur moet geniet.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende