Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Buffelsfontein oorweeg regstappe na “valse aantygings” oor uniekheid van produk

6 Julie 2022

Die handelsmerk, Buffelsfontein het in ‘n mediaverklaring op sy Facebook-blad gesê dat dit onder sy aandag gekom het dat “sekere persone ‘n doelbewuste veldtog op sosiale media en in die media begin het om Buffelsfontein se reputasie, handelsmerk en produkte skade aan te doen deur dit in die publiek te belaster.”

Dit kom nadat verskeie valse aantygings na bewering gemaak is oor die oorsprong, uniekheid en kwaliteit van die maatskappy se produkte, spesifiek Buffelsfontein Lager.

“Buffelsfonteinprodukte is uniek en word spesifiek na gelang van ons instruksies vervaardig. Dit sluit spesifiek Buffelsfontein Lager in.”

Die maatskappy sê verder die feit dat Buffelsfontein Lager by ooreenkoms deur ‘n betroubare vervaardiger gebrou word, beteken nie dat dit dieselfde inhoud as daardie vervaardiger se ander produkte het nie.

“Alhoewel ons op hierdie stadium slegs kan spekuleer oor die redes vir hierdie aanval teen ons, blyk dat die veldtog vanuit ‘n dispuut tussen die persoon/e en derdepartye spruit. Verskeie stellings wat duidelik op verkeerde inligting en hoorsê gebaseer word, word nou as ‘feite’ versprei.”

Buffelsfontein is tans besig met gesprekke met sy regspan oor hulle volgende stappe. “As gevolg van die uitermatige kwaadwillige aanval word verdere regstappe tans oorweeg.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende