14 Desember 2021
Al 11 lande op Brittanje se “rooilys” sal van môreoggend af nié meer op die lys verskyn nie, wat beteken vlugte ná en ván die land kan hervat word – dit sluit Suid-Afrika in.
Talle lande is op die rooilys geplaas te midde van die verspreiding van die nuwe Covid-19-variant, Omikron. Die Britse minister van gesondheid, Sajid Javid het tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die besluit geneem is omdat die stelsel nie so doeltreffend is om die verspreiding van die variant te bekamp nie.
Britse landsburgers, wat teruggekeer het huis toe, nadat hulle dié lande besoek het moes vir minstens tien dae in kwarantyn wees.
Die ander lande op die lys is Angola, Botswana, Eswantini (Swaziland), Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Zambië en Zimbabwe.