30 Desember 2021
‘n Bekende Britse vrou, Ghislaine Maxwell is in Amerika skuldig bevind dat sy die finansier, Jeffrey Epstein gehelp het om tieners seksueel te misbruik.
Die 60-jarige Maxwell is daarvan beskuldig dat sy tienermeisies tussen 1994 en 2004 vir Epstein gewerf en beïnvloed het om as prostitute aan ryk mans uitverhuur te word.
Epstein het homself in 2019 in die tronk in Manhatten opgehang terwyl hy ‘n verhoor op soortgelyke klagtes afgewag het.
Maxwell is op ses aanklagte, waaronder sekshandel, skuldig bevind. Sy kan tot 65 jaar gevangenisstraf opgelê word. Haar regspan is van plan om te appelleer.
Die Britse Prins Andrew en die voormalige oud-presidente van Amerika, Bill Clinton en Donald Trump was op ‘n vriendskaplike voet met Epstein. Prins Andrew word deur een van die meisies beskuldig dat hy haar misbruik het toe sy ‘n tiener was.