27 Oktober 2022
Die Britse regering het nou ook sy landsburgers in Suid-Afrika gewaarsku oor ‘n moontlike terreur-aanval wat die naweek in Sandton kan plaasvind.
DIT kom nadat die Amerikaanse ambassade gister ‘n kennisgewing uitgereik het waarin hulle waarsku dat hulle inligting ontvang het oor ‘n terreur-aanval in Sandton. Mense word aangeraai om groot byeenkomste in die gebied te vermy.
LEES OOK: SANDTON CITY SAL OOPBLY TE MIDDE VAN TERREUR-WAARSKUWING
Die Britse ambassade het sy personeel ook aangeraai om groot skares oor die naweek in die Johannesburg-omgewing te vermy. Volgens die regering se kennisgewing kom die grootste bedreiging van ekstremiste met bande met Daesh, wat vantevore as Isil bekend gestaan het.
Die kennisgewing verwys verder na ‘n voorval in Februarie 2018 toe ‘n Suid-Afrikaanse/ Britse paartjie in Suid-Afrika ontvoer en vermoor.
Volgens die regering is daar wêreldwyd ʼn verhoogde bedreiging van ʼn terreuraanval teen Britse belange en Britse burgers deur groepe of individue wat gemotiveer word deur die konflik in Irak en Sirië.