17 April 2024
Britse parlementslede het daarin geslaag om ’n verbod op die verkoop van sigarette aan enige persoon – wat ná 2009 gebore is – deel van die wetgewing te maak.
Dít volg nadat dié nuwe maatreëls – wat deur premier Rishi Sunak voorgestel en gedryf is – ondanks teenkanting goedkeuring gekry het en nou in die regte rigting beweeg om as wet ingestel te word.
383 parlementslede het ten gunste van die maatreëls gestem, en 67 is teen dit. Een van die parlementslede wat téén die wetgewing gestem het, die voormalige eerste minister, Liz Truss meen dit sal mense van hulle vryheid ontneem.
Ook ‘n ander voormalige eerste minister, Boris Johnson meen dié maatreëls is verregaande.
Die verbod sal van toepassing op sigarette én e-rook wees.
Indien hierdie voorstel deel van Brittanje se wet word, sal dit hulle wetgewing op rook, een van die strengste in die wêreld maak.