Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof


Luister nou

Volgende

Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof

Die Verenigde Koninkryk se hooggeregshof het beslis dat die wetlike definisie van ‘n vrou nié transgender vroue insluit nie.

Dit kom te midde van ‘n jare lange debat oor ‘n persoon se biologiese geslag teenoor genderidentiteit. Die organisasie, For Women Scotland (FWS) het die saak in 2018 teen die Skotse regering gebring. Die FWS meen slegs vroue wat biologies as vroue gebore is, moet as ‘n vrou geïdentifiseer word.

Die skotse regering sê as ‘n transgender vrou, ‘n geslagserkenningsertifikaat, (GRC) het moet die persoon onder die Skotse Gelykheidswet van 2010 beskerm word. Die FWS meen egter slegs gebore vroue moet onder daardie wet beskerm word.

Vyf regters het besluit dat die terme “vrou” en “geslag” in die Gelykheidswet van 2010 verwys na biologiese vroue en biologiese geslag.

Die hof het verder in sy beslissing gesê dat dit gevaarlik is om nié die wetlike definisie van gender te verbind met die biologiese geslag nie omdat dit, volgens die hof, verwarring sal skep vir die gebruik van aangewese enkelgeslagdienste, insluitend kleedkamers, koshuise en gemeenskaplike verblyf.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Die definisie van vrou, sluit nié transgender vroue in nie, beslis hooggeregshof


Luister nou

Volgende