29 Januarie 2024
Brittanje sal wetgewing instel om weggooibare e-sigarette te verbied om ‘n toename in damprook onder die jeug te pak.
Volgens die premier, Rishi Sunak is dit tans een van die mees kommerwekkende neigings. Hy meen daar moet juis daarom dringend opgetree word.
Die regering het onlangse syfers aangehaal wat toon dat die hoeveelheid damprokers onder die ouderdom van 18 wat weggooi e-sigarette gebruik, die afgelope twee jaar byna negevoudig toegeneem het.
Sunak se regering beplan ook om boetes vir winkels in Engeland en Wallis in te stel wat damprook-sigarette onwettig aan kinders verkoop. Sunak moet dié plan egter nog amptelik aankondig.