21 September 2022
Die twee mans wat twee jaar gelede in hegtenis geneem is vir die moord op die 21-jarige Brendin Horner, gaan nou die staat dagvaar vir onregmatige inhegtenisneming.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kon nie daarin slaag om Sekwetje Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (44) suksesvol te vervolg vir die moord op Horner nie, en is toe vrygespreek.
Beide eis R6-miljoen se skadevergoeding. Die twee verdagtes is veroordeelde veediewe.
Horner, wat ten tyde van sy moord ‘n voorman by die Bloukruin-boerdery op Paul Roux was, se liggaam is op 1 Oktober 2020 by die plaashek gevind. Sy moord het gelei tot grootskaalse opstand teen plaasmoorde.