Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Brendin Horner: Moordverdagtes borgtog toegestaan

23 Junie 2021

Die twee verdagtes, wat tereg staan op klagtes van die moord verlede jaar op die plaasvoorman van Paul Roux in die Vrystaat, Brendin Horner (21), is altwee op borgtog vrygelaat.

Sekwetje Mahlamba (32) en Sekola Matlaletsa (44) het gister in die landdroshof in Senekal verskyn.

Die hof het ook gister gehoor dat Horner moontlik eerder op 1 Oktober 2020 tussen 19:00 en 20:00 vermoor is, as in die vroeë oggendure van 2 Oktober – soos wat die polisie aanvanklik vermoed het.

Die DNS uitslae – van bloed op Mahlamba se broek – kon ook glo nie die twee op die toneel plaas nie.

Mahlamba is op borgtog van R 5000 vrygelaat. Dit is die eerste keer sedert die moord dat hy op borgtog vrygelaat is.

LEES OOK: BRENDIN HORNER: TWEE VERDAGTES TERUG IN DIE HOF

Die staat se aansoek dat Matlaletsa se borgtog terug getrek moet word, is ook van die hand gewys en gevolglik is hy wéér op borgtog vrygelaat. Hy is in Oktober borg toegestaan, maar is enkele dae later weer in hegtenis geneem weens ‘n ander voorval.

Beide Mahlamba en Matlaletsa het onskuldig gepleit.

As deel van die twee se borgtogvoorwaardes moet hul drie keer per week by die polisiestasie op Paul Roux aanmeld.

Die saak is uitgestel tot 23 Augustus, wanneer die voor-verhoor in die rondgaande hof van die hooggeregshof sal voortduur.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Geld-1

Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen

paul-kruger-gate-786x416-1

Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

pexels-arina-krasnikova-6663368

“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”

Julius-Malema6

Malema wéér toegang tot die VK geweier – AfriForum verwelkom die besluit

Gty3kIbWsAAix-H

ActionSA eis advokaat Shamila Batohi se verwydering uit haar amp

Ander Nuus Artikels

WAGWOORD
16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit
walter-sisulu-university
Amptenaar by universiteit doodgeskiet
CILLIERS5
Brink se hoed weer in die ring
Geld-1
Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen
paul-kruger-gate-786x416-1
Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende