13 Mei 2021
Die twee mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle die 21-jarige plaasvoorman van Paul Roux in die Vrystaat Brendin Horner vermoor het, verskyn weer vandag in die Senekal-landdroshof.
Die saak teen die 32-jarige Sekwetje Mahlamba en 44-jarige Sekola Matlaletsa moes in Maart uitgestel word weens die uitstaande uitslae van DNS-toetse.
Die verdediging het vroeër gevra dat die saak teen die twee beskuldigdes geskrap word weens die onbeskikbaarheid van die DNS-uitslae. Dit kom te midde van ‘n nasionale agterstand in die lewering van DNS-uitslae.
Die saak is alreeds vyf keer van te vore uitgestel om hierdie rede.
Horner se liggaam is op 1 Oktober verlede jaar op die Bloukruin-boerdery in Paul Roux, waar hy gewerk het, gevind. Sy liggaam was aan ‘n paal vasgebind.