3 Oktober 2022
Die Kaapstad Internasionale Lughawe se vliegtuigbrandstoftekort kom moontlik vandag tot ‘n einde.
Die woordvoerder van die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika, Gopolang Peme sê die skip met vliegtuigbrandstof het vanoggend vasgemeer.
Volgens Peme sal daar vanmiddag toetse gedoen word waarna die brandstof in die suiweringsaanleg ingepomp sal word.
Peme sê net twee vlugte van United Airlines moes gekanselleer word nadat die lughawe verlede week hul vliegtuigbrandstoftekort aangemeld het.