1 Julie 2022
Indien die regering nie gaan ingryp met meer verligting van die brandstofprysheffing nie, dui voorlopige tekens daarop dat petrol tussen R2,30 en R2,57 duurder gaan wees.
Die finale onderverhalings vir die oorsigmaand is deur die Sentrale Energiefonds bekend gemaak.
Diesel se prys sal ook aansienlik styg nadat die onderverhaling op diesel – met ‘n swaelinhoud van 0,05% – op R1,55 te staan gekom het.
Diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005% se onderverhaling het op R1,54 per liter te staan gekom.
Die oorsigmaand het Donderdag ten einde geloop. Die nuwe brandstofprys is veronderstel om Woensdag, 6 Julie in werking te tree.