Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Brandstofprys styg weer

31 Januarie 2022

Die departement van minerale hulpbronne en energie het die jongste prysaanpassings van die brandstofprys bekend gemaak en die inligting dui op ‘n stewige verhoging in die prys van Petrol en diesel.

Stygende oliepryse en leiheffingaanpassings is die grootste redes vir die verhogings, terwyl ‘n sterker rand teenoor die dollar die skade effe beperk het.

Die verhoging het 95-oktaan-petrol weer tot bo die R20 per liter kerf geneem.

Die enigste goeie nuus is ‘n laer maksimum kleinhandelprys vir LPGAS, wat met R1,24 per kilogram gaan daal. Die brandstofprysaanpassings tree op Woensdag, 2 Februarie 2022 in werking.

Die prys van 95- en 93-oktaan petrol styg met 53-sent-per-liter terwyl diesel met ‘n swael-inhoud van 0,05% – met 80-sent per liter styg.

Diesel met ‘n swael-inhoud van 0,005% styg met 79-sent per liter terwyl paraffien R1,1 per-liter meer gaan kos

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende