29 November 2021
Die Departement van Energie het weer reuse brandstofprysverhogings vir Desember aangekondig.
Die prys van petrol styg op Woensdag 1 Desember met 81-sent per liter, diesel sal tussen 72-sent en 74-sent per liter verhoog afhangend van die swaelinhoud en paraffien sal 42-sent per liter meer kos.
Die verhogings word ook weer aan die verswakkende rand en hoër internasionale oliepryse toegeskryf.
Dit beteken dat die prys van 95 oktaan petrol in die binneland van 1 Desember af R20,35 per liter sal kos en die groothandelsprys van diesel R17,93.
Stem vir die Aitsa’s