5 April 2022
Die brandstofpryse sal vanaand om middernag weer styg.
93 oktaan petrol sal 28-sent ‘n liter duurder wees, terwyl 95 oktaan petrol jou 36-sent ‘n liter meer uit die sak sal jaag.
Diesel styg met tussen R1.52 en R1.69 per liter.
Die styging sou veel hoër wees, maar danksy die tydelike verligting van R1.50 per liter in die petrolheffing, sowel as ‘n sterker rand en laer brent ru olie pryse, is die styging nie so erg soos verwag nie.