27 Junie 2024
Ongeouditeerde data deur die sentrale energiedfonds dui daarop dat die brandstofpryse in Julie na verwagting aansienlik kan daal.
Volgens die Outomobiel Assosiasie, die AA sal dit moontlik beteken dat die brandstofprys vir die eerste keer vanjaar vir ‘n tweede agtereenvolgende maand kan daal.
Luidens die data kán beide 93- en 95 oktaan petrol met nagenoeg R1 per liter daal. Diesel en paraffien kan tussen 30- en 25 sent per liter goedkoper wees. Die AA sê ‘n daling sal baie goeie nuus wees vir die motoris.
Die AA sê indien die brandstofprys wél daal sal dit die prys van 95-oktaan petrol per liter tot op dieselfde vlak bring as wat dit in Desember verlede jaar was.
Julie se finale brandstofprys tree op 3 Julie in werking.