4 Januarie 2022
Die prys van alle soorte brandstof sal om middernag daal.
Die departement van minerale bronne en energie het gisteraand die langverwagte brandstofpryse vir Januarie gepubliseer.
95-oktaan-petrol sal met 68c goedkoper word terwyl 93-oktaan-petrol 71c per liter goedkoper sal word.
Die prys van diesel sal ook daal met 69c per liter daal.
Brent-ruolie het in die oorsigtydperk met gemiddeld $7 per vat gedaal van $83 tot $76.
Volgens die minister van minerale bronne, Gwede Mantashe sou die brandstofprys verder daal, was dit nie vir ‘n verswakking van die rand teenoor die dollar nie.