6 Februarie 2024
Motoriste sal vanaf Februarie ’n bietjie meer moet opdok wanneer hulle vir brandstof betaal.
Die departement van minerale bronne en energie het vroeër vandag aangekondig dat die prys van alle grade petrol met 75-sent per liter sal styg, terwyl diesel met 70-en 73-sent per liter styg.
Dié brandstofprysverhoging is vanaf middernag (7 Februarie) van krag.
Die prys van paraffien sal met 71-sent styg, en LP-gas sal met 37-sent per kilogram styg.
’n Woordvoerder van die departement, Robert Maake, sê hoër oliepryse en laer produksie in Amerika is die grootste redes waaraan die verhoging toegeskryf kan word.