14 Oktober 2024
Die Tshwane-metro se nooddienste is tans besig met brandbestrydingspogings op die N4-Wes in die noorde van Pretoria, net voor die M17-afrit, waar ‘n diesel-tenkwa tans aan die brand is.
Die nooddienste se woordvoerder, Lindsay Mnguni sê twee brandweerwaens, twee watertenkers, en talle brandbestryders van verskeie brandweerstasies in die stad is net voor 10:00 vanoggend na die toneel ontbied.
Volgens Mnguni is ‘n gedeelte van die N4 vir verkeer gesluit. Die Tshwane-metropolisie, en die Gautengse verkeerspolisie is op die toneel. Geen beserings is aangemeld.