Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Brande teister Noord-Kaap: Deeglike ondersoek na bewerings van brandstigting is noodsaaklik

28 September 2021

Die VF Plus sê die weghol veldbrande in die Noord-Kaap behoort deeglik ondersoek te word. 

Die VF Plus-LP en provinsiale leier in Noord-Kaap, dr. Wynand Boshoff sê in die dorre Noord-Kaap provinsie is daar gewoonlik te min gras om ernstige veldbrande te voed, maar meen hierdie jaar is anders weens goeie najaarsreën.  

Volgens hom bestaan die vraag egter of dit net die gevolg van natuurlike oorsake is en of brandstigting betrokke is. Die VF Plus versoek daarom die polisie om ‘n deurtastende ondersoek hieroor te doen met die hulp van georganiseerde landbou en ander organisasies wat grondeienaars met veiligheidsake help.

Hy sê die N12- en N8-paaie moes ook by tye gesluit word.

“Daar word uitgebreid oor die afgelope dae se brande verslag gedoen aangesien dit die provinsiale hoofstad, Kimberley, aan drie kante omring het.”

Boshoff meen hoewel die landbougemeenskap en selfs ander mense wat glad nie boer nie, goed georganiseerd is, is dit onmoontlik om die duisende kilometer veld wat aan paaie grens, te bewaak, en misdadige elemente weet dit.

“Daarom is dit noodsaaklik dat die polisie alle beskikbare bronne gebruik om vas te stel wat besig is om te gebeur. Dit sluit inligting van informante in, maar ook beeldmateriaal van private veiligheidstrukture op plase,” sluit Boshoff af.

https://twitter.com/UlrichHendriks/status/1442464922173153281

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende