Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Brande in Kaapse Wynlande woed voort

23 Januarie 2022

Die Nooddienste in dele van die Wes-Kaap moes reeds sedert gisteroggend poog om brande te midde van die hittegolf onder bedwang te probeer bring. 

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se woordvoerder, Joanne Otto het vanoggend in ‘n verklaring gesê dat die brand in Pêrelvallei in die Paarl grootliks onder beheer gebring is, maar die digte plantegroei, waarvan die meeste nog smeul, veroorsaak baie rook.

Sy sê indien die wind weer opsteek kan die brand weer opvlam.

In die Robertsonvallei is ‘n brand laat gistermiddag deur weerlig veroorsaak. Otto sê hierdie brand wek kommer weens die nabygeleë eiendom en boorde. Sy sê die brandweer sal die situasie deur die loop van die dag dophou en nog hulpbronne sal ingespan word indien nodig.

Die brande in Bainskloof en omliggende gebiede is volgens Otto onder beheer gebring en brandbestryders kon afstaan. Sy sê die brandweer sal egter deur die loop van die dag op ‘n hoë gereedheidsgrondslag wees weens nóg hoë temperature wat vir vandag voorspel word en dus nog brande kan veroorsaak.

https://twitter.com/ZarahPattison/status/1484909375143747587

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende