6 Januarie 2022
Brandbestryders het amptelik van die parlementêre terrein onttrek en die toneel aan die Valke orhandig vir verdere ondersoek.
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo sê hulle is tevrede met die vordering wat gemaak word sedert `n brand Sondag by die parlement uitgebreek het.
LEES OOK: DA SÊ DE LILLE “BESKERM NIÉ DIE PARLEMENT NIE”
Intussen het die DA versoek dat `n onafhanklike ondersoek na die ontstaan van die brand plaasvind.
LEES OOK: KYK: VERDAGTE IN HOF IN VERBAND MET BRAND BY PARLEMENT
Die hoofsweep van die DA se parlementêre koukus, Natasha Mazzone sê die ondersoek kan nie aan die polisie oorgelaat word nie.
Intussen is dit nog nie duidelik waar president Cyril Ramaphosa sy staatsrede op 10 Februarie vanjaar sal lewer nie.
Die parlement het wel aangedui dat die reëlings in `n gevorderde stadium is.
LEES OOK: KYK: OU VOLKSRAADSAAL BY PARLEMENT BRAND, SÊ MINISTER