10 Mei 2021
‘n Brand het by ‘n pakhuis in Durban uitgebreek.
Dié pakhuis is glo deel van ‘n tekstielfabriek.
Volgens inskrywings op sosiale media blyk dit asof die brand op die derde verdieping van die gebou in Brickfield-straat ontstaan het.
Nooddienste en brandbestryders is tans op die toneel. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Volgens die woordvoerder van die KwaZulu-Natal Nooddienste, Robert McKenzie is geen beserings aangemeld nie. Hy sê die brandbestryders se pogings om die brand onder bedwang te bring duur voort.
JUST IN: A fire has broken out in a warehouse on Brickfield Road in Durban this morning. No injuries have been reported. @News24 @TeamNews24 VIDEO SUPPLIED: @EMER_G_MED pic.twitter.com/M4YstCisnn
— Kaveel Singh (@kaveels) May 10, 2021