22 November 2024
Boot-eienaars is óf besig om hulle bote en seiljagte in die Vaaldam uit die water te haal, óf het dit in dieper dele vasgemeer namate die watervlak van dié dam drasties daal.
Volgens die departement van water en sanitasie was die dam – wat water aan die grootste deel van Gauteng voorsien – aan die begin van die week op 30,8%.
Greg Pilling van die Bayshore Marina sê die rede waarom dié dam se vlakke so laag is, is omdat daar weens instandhouding nie water vanaf die Katsedam – in Lesotho – na die Vaaldam herlei word nie. Hy sê met die huidige lae vlakke van reënval word die Vaaldam gewoonlik met water van die Katsedam volgehou, wat egter nie nou ‘n opsie is nie.
Pilling sê in die laaste dertig jaar het hy die dam nog net een keer op die vlak gesien waar dit tans is.
Foto: Cecile Versput (Manten Marina Facebook)