19 Maart 2023
Die 50-jarige likwidateur van die omstrede maatskappy, voorheen bekend as Bosasa, is vroeër vanoggend oorlede nadat hy gistermiddag in ‘n vermeende sluipmoordaanval op die N1 in Midrand geskiet is.

Cloete Murray en sy seun, die 28-jarige Thomas is beide in hul koppe geskiet. Thomas, wat ‘n regspraktisyn by sy pa se regsfirma, Sechaba Trust was, het reeds gister in die skietvoorval omgekom.
Die polisiewoordvoerder, kolonel Dimakatso Sello het bevestig dat Cloete vanoggend dood is nadat hy in ‘n kritieke toestand in ‘n Johannesburgse-hospitaal was. Volgens hom ondersoek die polisie nou twee sake van moord.
Bosasa was die afgelope paar jaar in die nuus weens die maatskappy se bande met die omstrede Gupta-familie en sy betrokkenheid by staatskaping.
Behalwe vir Cloete Murray se werk by Bosasa was hy ook die sakereddingspraktisyn van een van die Gupta-familie se maatskappye, Shiva Uranium asook die lugdiens, Comair.