15 Oktober 2021
Uitspraak is in die Nelspruitse (Mbombela) landdroshof voorbehou in die borgtogaansoek van die afgedankte LUR vir landbou in Mpumalanga, Mandla Msibi en sy medebeskuldigdes.
Die drie verdagtes sal minstens tot Dinsdag in aanhouding moet bly wanneer uitspraak verwag word.
Msibi het dié week saam met die twee verdagtes verskyn op aanklagte van moord op twee ANC-ondersteuners – en poging tot moord op ‘n derde.
Nóg twee verdagtes het vroeër die maand reeds ook op dié klagtes verskyn en is op borgtog vrygelaat.
Die saak is vroeër vandeesweek vertraag nadat die hof ontruim moes word weens ‘n bomdreigement.
Die moorde is op 22 Augustus buite ‘n informele eetplek gepleeg – gedurende ‘n naweek waar die ANC hulle kandidaatlyste probeer finaliseer het.
Stem vir die Aitsa’s