30 Mei 2022
Die vervreemde man van die vermoorde Vicki Terblanche, Arnold Terblanche, is weereens borgtog in die landdroshof op Port Elizabeth geweier.
Terblanche – wat daarvan aangekla word dat hy die meesterbrein agter sy vrou se moord in Oktober verlede jaar is – probeer al sedert sy in hegtenisneming in November om op borgtog vrygelaat te word.
Die jongste onsuksesvolle poging was sy tweede probeerslag.
Sy regspan het die hof verlede maand genader met nuwe inligting oor die saak wat hulle aan die hof wou voorlê.