“Borgtog aan vermeende verkragter laat vroue en kinders in die steek”


Luister nou

Volgende

“Borgtog aan vermeende verkragter laat vroue en kinders in die steek”

12 Desember 2023

Die VF Plus sê in die lig van die sestien dae van aktivisme teen vroue en kinders het die regstelsel Suid-Afrika se vroue en kinders weer in die steek gelaat.

Dít kom nadat borgtog van R15 000 toegestaan is aan ‘n onderwyser van Mosselbaai, wat in hegtenis geneem is in verband met negentien aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en seksuele voorbereiding van minderjariges.

Volgens die VF Plus se provinsiale woordvoerder in die Wes-Kaap, advokaat Lennit Max het die verdagte in die hof aangevoer dat hy op borgtog vrygelaat kan word omdat hy nie ʼn selfdoodrisiko is nie aangesien dit volgens hom ʼn “sonde” is.

Max meen dit dui ooglopend op die persoon se gebrek aan onderskeiding tussen wat sonde is aangesien dit ook verkeerd is om seksuele dade met minderjariges te pleeg. Hy sê ‘n geringe borgtogbedrag soos in dié geval stuur ‘n duidelike boodskap dat geweld teen vroue en kinders nie uitgeroei sal word nie.

“Vermeende oortreders sal beswaarlik afgeskrik word wanneer straf of borgtogvoorwaardes niks meer as ʼn raps oor die vingers is nie.”

Hy sê alhoewel die VF Plus staan by die beginsel dat iemand onskuldig is totdat hy of sy skuldig bevind word, glo die party dat strawwe en borgtogvoorwaarwaardes in hierdie soort sake so swaar as moontlik moet wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

“Borgtog aan vermeende verkragter laat vroue en kinders in die steek”


Luister nou

Volgende