Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Boodskappe op WhatsApp-werksgroepe – buite werksure – oortree dalk die wet

9 Junie 2022

WhatsApp-boodskappe van ‘n werkgewer na ‘n werknemer buite werksure kan dalk die Wet op Basiese Diensvoorwaardes oortree.

Volgens Kavita Kooverjee, ‘n prokureur by die regsfirma SchoemanLaw, vind kommunikasie tussen werknemer en werkgewer al hoe meer per WhatsApp-boodskap plaas aangesien baie werksplekke sedert die Covid-19-pandemie van die huis af werk of na ‘n hybrid-werksmodel oorgeskakel het.

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal dat ‘n werknemer nie langer as 45 uur per week mag werk nie. ‘n Werknemer is ook geregtig op ‘n daaglikse rustyd van 12 opeenvolgende ure en ‘n weeklikse rustyd van 36 uur, wat Sondag insluit.

Kooverjee sê daar moet nie van werknemers verwag word om 24 uur beskikbaar te wees vir hul werknemer nie. Daarom mag ‘n werknemer dus in sekere situasies kies om nie ‘n werkgewer or werk-verwante boodskap ná werksure te antwoord nie.

Sekere beroepe vereis egter dat werknemers beskikbaar moet wees buite werksure, maar dit moet duidelik gestipuleer en ooreengekom word in die indiensnemingskontrak, volgens Kooverjee. “Vir ’n fabriekswerker wat verantwoordelik is vir die herstel en instandhouding van masjinerie waarsonder vervaardiging nie kan plaasvind nie, is [WhatsApp-kommunikasie buite werksure] aanvaarbaar. Mediese dokters wat op bystand is, moet ook beskikbaar wees,” verduidelik sy.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende