15 April 2021
CapeNature het sy ondersoek afgehandel om vas te stel of ‘n krokodil-teelplaas buite Bonnievale in die Wes-Kaap voldoen het aan wetlike vereistes vir só ‘n plaas.
Daar is in die stadium nog geen finale besluit geneem oor toepaslike stappe teen die teelplaas se eienaar nie.
Die soektog na die ontsnapte krokodille gaan intussen nog voort.
Tot op datum is 82 krokodille opgespoor waarvan 50 van kant gemaak moes word en 32 lewend gevang is.
Die krokodille het op 3 Maart uit die teelplaas ontsnap.