Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Bokspan vir halfeindstryd bly onveranderd

19 Oktober 2023

Die Springbokafrigter Jacques Nienaber het ‘n onveranderde Springbokspan aangekondig vir sy halfeindstryd wedstryd teen Engeland dié komende Saterdag, 21 Oktober.

Die span is vroeër vanoggend aangekondig.

Die Springbokke se direkteur van Rugby, Rassie Erasmus het vroeër die week nog daarop gesinspeel dat hy dalk vir die buitesenter, Lukanyo Am, en die veelsydige agterspeler Canan Moodie in die span sou insluit.

Erasmus en Nienaber het egter besluit om nie die wenresep te verander wat die afgelope naweek gewerk het teen Frankryk nie.

Die span sal ook die mees ervare span wees in Springbok geskiedenis, met ‘n gesamentlike totaal van 895 toetse wat gespeel is deur die spelers.

Die span is: Damian Willemse (37 toetse), Kurt-Lee Arendse (13), Jesse Kriel (66), Damian de Allende (76), Cheslin Kolbe (29), Manie Libbok (13), Cobus Reinach (30), Duane Vermeulen (74), Pieter-Steph du Toit (74), Siya Kolisi (81, kaptein), Franco Mostert (71), Eben Etzebeth (117), Frans Malherbe (67), Bongi Mbonambi (66), en Steven Kitshoff (81).

PLAASVERVANGERS: Deon Fourie (11), Ox Nche (26), Vincent Koch (48), RG Snyman (32), Kwagga Smith (38), Faf de Klerk (53), Handré Pollard (68), en Willie le Roux (91)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpShrnfWQAA5m9y

ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie

ENOCH2

Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Marianne Pouwels_b

Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop

Thabo-3-800x450

Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus

WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7

E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie

Ander Nuus Artikels

maxresdefault
Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut
cd042b9b447d9a8f
Audi sluit vier van sy handelaars in Suid-Afrika
ENOCH1-large
Die EFF, MK-party eis die minister van finansies se bedanking
GpShrnfWQAA5m9y
ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie
ENOCH2
Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende