12 September 2022
Die Presleys nagklub in Boksburg is onbepaald gesluit nadat ‘n brand Saterdagaand (10 September) daar uitgebreek het.

Volgens die kuierplek se Facebook-blad is die besluit geneem om die gebou onbepaald te sluit. Videos en foto’s is wyd op sosiale media versprei van die gebou wat deur vlamme omhul is.
Die plaaslike koerant, die Boksburg Advertiser berig dat daar mense ten tyde van die brand in die gebou was. Enkele mense is vir rook inaseming behandel, maar geen ernstige brandwonde is aangemeld nie.
Volgens die koerant is ‘n grasdak-gebou en stoorkamers totaal deur die brand verwoes. ‘n Motor, wat aan die nagklub behoort is ook in die brand verwoes.
Die eienaar, Chris da Silva se dogter, Natasha Staniforth het aan die koerant gesê dat die brand in die noordelike vleuel van die gebou ontstaan het en gou versprei het. Sy sê die nagklub sou volgende maand sy dertigste bestaansjaar vier.
Presleys Boksburg goes up in flames. pic.twitter.com/5eNTbpC6Tf
— Joseph Davidson (Jaco) (@jaco_davidson) September 10, 2022